Alexios III Angelos

Alexios III Angelos
Keiser van die Bisantynse Ryk

Bewind 8 April 1195 - 18 Julie 1202
Huis Angelos
Voorganger Isak II Angelos
Opvolger Isak II Angelos en Alexios IV Angelos
Gebore Omstreeks 1153
Oorlede 1211
Vrou Euphrosyne Doukaina Kamatera
Vader Andronikos Doukas Angelos
Moeder Euphrosyne Kastamonitissa
Godsdiens Oosters-Ortodoks

Alexios III Angelos (Grieks: Ἀλέξιος Γ′ Ἄγγελος; omstreeks 1153-1211) was van 1195 tot 1203 keiser van die Bisantynse Ryk. Hy was die ouer broer van keiser Isak II en die seun van Andronikos Doukas Angelos, ’n militêre leier in Klein-Asië, en Euphrosyne Kastamonitissa. Andronikos was die seun van Konstantyn Angelos en Theodora Komnene, die jongste dogter van keiser Alexios I Komnenos en Irene Doukaina. Alexios was dus lid van die uitgebreide Komnenos-familie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search